SiteMap >
Donate
Donate now and help a child! Click here
Virtual Airtime Service
If you buy your airtime here a percentage of it will go towards SOS Children's Villages.

Click here
 
Document Actions

Williston Babaskou

Babas en baie ander minder bevooregte kinders het hierdie pret dag geniet met pienk hasies wat SOS Kinderdorpe verskaf het.

Williston Babaskou

Williston Babaskou

Die Williston Skou was gehou Saterdag 23 Februarie en die graad R klassies van albei skole in die dorp is gevra om 'n item te doen. Die juffrouens het net 'n paar kinders vir die items gebruik.  Die kinders wat deelgeneem het, het elk 'n hasie gekry en die res was gelukkig genoeg om 'n roomysbewys te kry.

Ons het die hasies uitgedeel en was dit nie te dierbaar om die gesiggies te sien nie? Maar toe daar nog 'n paar hasies oor is het ons besluit om dit aan die staatshospitaal te gee om uit te deel wanneer daar klein kindertjies in die hospitaal opgeneem word.

Dit was nogal vir my lekker om al die kindertjies se reaksies en opgewondenheid te sien met die uitdeel van die hasies. Ek het vir die kleintjies wat deelgeneem het aan die skou elkeen 'n hasie gegee en dit het ook baie reaksie uitgelok.

Die babakompetisie inskrywings het elk ook 'n hasie ontvang en die res het gegaan na kinders van die omgewing wat grootoog die skou bygewoon het - min het hulle gedink dat hulle met iets sou kon huistoe gaan.

Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om baie dankie te sê aan die SOS Kinderdorpe organisasie vir die aandeel wat julle gehad het om van hierdie geleentheid so 'n groot sukses te maak. Ek hoop dat jy dit ook kan deurgee aan jou medewerkers. Ons waardeer dit baie.

Cormia Esterhuizen -
Organiseerder - Williston Babaskou